Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord ná beweerde stelery buite Bonnievale ondersoek

Die polisie van Ashton in die Wes-Kaap ondersoek ’n moordsaak nadat ’n man, wat na bewering op ’n plaas by Bonnievale gevang is terwyl hy teerpale gesteel het, ’n dag later erg beseer langs ’n pad gevind is en drie dae later in ’n hospitaal dood is.

Die boer en sy voorman het Duane Fortuin (29) van die dorp en ’n vriend glo op Sondag 13 Oktober betrap.

Kapt. Jeff Lekay, stasiebevelvoerder van die plaaslike polisiekantoor, het Woensdag bevestig dat die betrokke boer en sy voorman afgekom het op die twee wat na bewering besig was om die diefstal te pleeg.

“Hulle het glo probeer weghardloop, maar die mans het Fortuin glo gevang.”

Volgens Fortuin se vriend was dit die laaste keer dat hy hom lewend gesien het. Fortuin is die Maandag, ’n dag ná die voorval, met ernstige beserings langs die Stormsvlei-pad naby Bonnievale gevind.

Hy is na die Tygerberg-hospitaal in Parow, Kaapstad, geneem, waar hy Donderdag aan sy beserings beswyk het.

Lekay het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. “Ons het wel die klag na ’n klag van moord verander. Die saak moet behoorlik ondersoek word. Ons gaan niemand in hegtenis neem voordat die ondersoek volledig afgehandel is nie. Ons moet seker maak dat die regte mense in hegtenis geneem is.”

Volgens Lekay het die polisie beslag gelê op kringtelevisiemateriaal wat op die plaas opgeneem is. Dit word nou nagegaan.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Wes-Kaap  |  Kaapstad  |  Parow  |  Ashton  |  Bonnievale  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.