Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op bejaardes: Raaisel hoe aanvaller by oord inkom

Die polisie se aanvanklike ondersoek dui daarop dat daar geen gedwonge toegang was by die aftreeoord in Sunridge Park, Port Elizabeth, waar twee bejaarde vroue vermoor is nie.

Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Langton (87) is omstreeks 05:45 in hul onderskeie kamers op hul beddens in die St. John-aftreeoord deur personeel aangetref.

Die twee slagoffers se hande en voete is met kledingstukke vasgebind terwyl hul mond ook toegebind is.

Na verneem word het vyf vroue op die eerste vloer van die aftreeoord, elk in hul eie kamers, gewoon.

Familielede word deur omstanders op die toneel ondersteun. Foto: Lulama Zenzile.

Burns se kamer was die naaste aan ’n buitedeur geleë en Langton se kamer sowat 8 m verder in die gang af.

Indien die aanvallers van buite sou ingekom het moes hulle verby twee kamers gaan om by Langton se kamer te kom.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê volgens die inligting wat aan die polisie verskaf is doen personeel nie gedurende die aand inspeksie by die inwoners nie, omdat die inwoners dit as steurend ervaar.

Volgens Naidu was die slagoffers se kamers in ’n warboel en word vermoed dat juwele gesteel is.

Polisielede by die St. John-aftreeoord waar twee bejaarde vroue vermoor is. Foto: Lulama Zenzile

Die aftreeoord is omhein en daar is toegangsbeheer met veiligheidswagte teenwoordig by die hek. Kringtelevisiekameras is ook op verskeie plekke op die grenshoeke van die aftreeoord sigbaar.

Naidu sê die beeldmateriaal sal bestudeer word maar dit blyk dat daar moontlik meer as een verdagte kan wees.

Die polisie, speurders en Atlas Security-veiligheidswagte was Donderdagoggend bedrywig op die toneel terwyl hulle die gebied vir leidrade gefynkam het.

Hartseer familielede het is deur omstanders vertroos.

Naidu sê twee sake van moord en huisroof word ondersoek.

Meer oor:  Sunridge Park  |  Aftreemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.