Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op Lutzville-boer raaiselagtig

“Ek is steeds net so in die duister soos toe ek gister (Sondag) die tyding van my broer se dood gekry het.”

So het Herman Louw, broer van die druiweboer Jaco Louw (57) van plaas 51 buite Lutzville aan die Weskus, Maandag gesê.

Die plek volgens die liggingskaart waar Jaco Louw vermoedelik Sondag vermoor is. Foto: Ian Cameron/Twitter

’n Plaaswerker het Louw se lyk Sondagoggend met veelvoudige steekwonde op sy plaas ontdek. Louw het glo alleen op die plaas gewoon.

Herman, wat in Namibië woon, het Sondag inderhaas na Lutzville gereis nadat hy die tyding van sy broer se dood gekry het.

Hy het Maandag gesê sy broer se seuns woon in Switserland en hulle is op pad na Suid-Afrika.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Maandag gesê speurders van die polisie se forensiese afdeling het Sondag laat op die toneel aangekom. Hulle is vanuit Kaapstad ontbied en het Maandag nog na leidrade gesoek.

“Ons weet nog niks verder nie. Nie na hoeveel verdagtes daar gesoek word nie – niks,” sê Cameron.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy sê Louw se lyk is omstreeks 10:45 op die plaas gekry.

“Volgens inligting het die polisie op die toneel die lyk van ’n 57-jarige man met veelvoudige steekwonde gekry. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Van Wyk.

’n Beroep is op inwoners van die gemeenskap gedoen om die Lutzville-polisie by 027 217 4000 met moontlike inligting oor die moord te kontak.

Jaco Louw, ’n druiweboer van Lutzville wie se lyk Sondag op sy plaas buite Lutzville gevind is.

Meer oor:  Jaco Louw  |  Ian Cameron  |  Herman Louw  |  Weskus  |  Lutzville  |  Boer  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.