Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op Matie: Verdagte geïdentifiseer

Daar word gevrees dat die verdagte in die moord op Robyn Pearce, ’n student aan die Universiteit Stellenbosch (US), kan vlug voordat hy in hegtenis geneem word.

Só het ’n ondersoekhoof in Kaapstad gesê.

Reynold Talmakkies, hoof van die stad se spesiale ondersoekeenheid, het Woensdagoggend gesê ’n verdagte is geïdentifiseer en gaan teen die einde van Woensdag in hegtenis geneem word.

“Ons kan nie sy naam bekend maak totdat ons hom nie gevind het nie,” sê Talmakkies. “Die man kan dalk vlug.”

Ons kan nie sy naam bekend maak totdat ons hom nie gevind het nie

Talmakkies sê die man is geïdentifiseer nadat iemand inligting aan hulle verskaf het.

Pearce (20) se lyk is op 2 Desember in haar ma se woonstel in Seepunt gevind.

Sy is in die maag gesteek. Daar word vermoed dat haar selfoon, bankkaart en horlosie gesteel is.

William Booth, die prokureur wat Pearce se familie van regsadvies bedien, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die polisie het alle navrae na die stad se spesiale ondersoekeenheid verwys.

“Daar is geen verdere verwikkelinge in die saak nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

– News24

Meer oor:  Robyn Pearce  |  Seepunt  |  Moord  |  Ma  |  Matie  |  Student  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.