Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op polisie-kolonel ondersoek
polisiemoord
Kol. Lebyane Jeffrey Seroka is Saterdag voor sy huis doodgeskiet. Hy was die bevelvoerder van die polisiekantoor in Groblersdal, Limpopo. Foto: Verskaf

Die bevelvoerder van die Groblersdal-polisiestasie in Limpopo is Saterdag vermoor.

Luidens ’n verklaring is kol. Lebyane Jeffrey Seroka (57) vroegoggend voor sy huis in Mmaganagobuswa, naby Dennilton, doodgeskiet.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring Seroka het vroeg opgestaan en reggemaak om na ’n begrafnis te gaan.

Hy is om omstreeks 04:30 uit die huis uit.

“Hy was net op pad om te ry, toe hy voor sy hek doodgeskiet is.

“Die verdagte(s) het sy wit Toyota Hilux gevat en daarmee gevlug.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

“Die polisie het onmiddellik met ’n soektog na die verdagtes begin en die voertuig is later verlate langs die Dennilton/Maklerekeng-pad gevind,” lui die verklaring.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale kommissaris van die provinsie, het opdrag gegee dat die polisie alles in die stryd werp om die moordenaar(s) vas te trek.

• Mense met inligting kan lt.kol. Richard Boshomane bel by 079 894 5501 of CrimeStop by 0860010111, of hul naaste polisiestasie kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.