SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op polisiehoë in Kaap ‘fyn beplan’
lt.kol. Andre Kay
Lt.kol. Andre Kay

Die aanval en moord op lt.kol. Andre Kay (52) van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, is volgens bronne haarfyn beplan.

Sy vermeende moordenaar is glo Donderdagoggend kort na 06:30 op die hoek van Maitland- en 11de Straat in Bishop Lavis deur ’n wit Volkswagen Golf afgelaai.

Kay was teen daardie tyd in sy voertuig in die motoroprit van sy huis in 11de Straat. Hy was glo op pad gimnasium toe. Vier of vyf skote is op hom geskiet en hy is in sy lyf getref.

Die skieter het daarna glo oor die Bishop Lavis-spoorwegstasie na Clarke Estate, Elsiesrivier, gevlug waar hy glo in ’n grys voertuig wat daar op hom gewag het, geklim het.

Die polisie ondersoek nou die moontlikheid dat Kay se moord verband hou met ’n boete wat hy ’n sjebien-eienaar van Elsiesrivier onlangs opgelê het. Volgens bronne beloop die boete bietjie meer as ’n halfmiljoenrand.

Teen 09:00 was lede van die polisie se bende-eenheid en die plaaslike polisiestasie nog op die toneel om te soek na leidrade.

Familielede van Kay was in die huis, waar hy glo saam met sy ma en ander familielede woon. Kay was verbonde aan die polisie se eenheid wat drank, vuurwapens en gebruikte goedere reguleer. Die eenheid is onder die mense as Flash bekend.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Meer oor:  Bishop Lavis  |  Moord  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.