Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op ‘sagmoedige’ inwoner skok Velddrif

Mense van die Weskusdorp Velddrif is geskok na die moord op ’n 73-jarige inwoner.

Lange Laubscher Foto: Verskaf

Hy is op Facebook geïdentifiseer as Lange Laubscher.

Die plaaslike koerant, die Weslander, het Saterdag op sy Facebookblad berig die lyk van ’n bejaarde man is dié oggend in sy huis in Voortrekkerstraat aangetref. Volgens die Weslander het ’n bron gesê ’n vriend van die oorledene het hom by sy huis gaan soek nadat hy nie vir ’n gholf-afspraak opgedaag het nie. Die vriend het toe op sy lyk afgekom.

’n Inwoner het Sondag by navraag gesê sy het toevallig Saterdagoggend die polisievoertuie buite Laubscher se huis gesien toe sy daar verbygery het. Na verneem word, was die toneel grusaam en was Laubscher al ’n paar dae dood.

Volgens die Bergrivier-gholfklub waar hy gereeld gholf gespeel het, was die moord ’n groot skok vir almal.

“Lange was ’n vriendelike mens met ’n sagte hart. Hy het sedert die 1980’s by dié klub gespeel.”

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê die omstandighede van die voorval word ondersoek.

’n Moorddossier is aangelê en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Dit is ook nog nie bekend hoe toegang tot die huis verkry is en of enigiets gesteel is nie.

Volgens inligting op Facebook is Laubscher se vrou, Jill, verlede jaar aan kanker oorlede. Mense het hom op Facebook beskryf as ’n sagmoedige reus, ’n ware heer en iemand met ’n sagte siel. Van hulle het ook geskryf dat hulle sy geselsies gaan mis. Na verneem word, word Laubscher deur vier kinders oorleef.

Meer oor:  Lange Laubscher  |  Velddrif  |  Moord Op Bejaarde  |  Moord  |  Velddrif-Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.