Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mense reageer ontsteld ná moord op swanger vrou

Suid-Afrikaners het hul skok en medelye uitgespreek ná die moord Saterdagaand op ’n swanger vrou op ’n plaas buite Weenen in KwaZulu-Natal.

“Dit is baie hartseer nuus, sy was swanger en het twee jong kinders gehad,” skryf Fathima Rassack op Facebook.

Annette de Lange wou weet wanneer pres. Cyril Ramaphosa gaan ingryp: “Beste meneer president – wanneer is genoeg genoeg?”

“Misdaad is baie hoog in Suid-Afrika. Die idiote in die regering gee nie vir mense om nie . . . net om hulself te verryk,” het Iqbal Ganie opgemerk.

“My siel is stukkend en moeg van al hierdie misdaad en moord. Kom ons bid almal saam, groot asseblief,” skryf Ria Geldenhuys.

Die 26-jarige Zakiyya Ahmedjan se man is ook erg in die aanval aangerand en in ’n hospitaal opgeneem.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het drie mans Saterdag omstreeks 19:00 by die gesin se huis ingebreek en geld geëis.

“Die man is aangerand en die vrou se keel met ’n mes afgesny. Hul twee kinders is ongedeerd.”

Die aanvallers het gevlug sonder om iets te steel.

Teen Sondagaand is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Zakiyya Ahmedjan  |  Weenen  |  Moord  |  Plaasaanval  |  Swanger Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.