Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moord op vroue, kinders neem landwyd skerp toe

3 915 vroue en kinders is in die jaar tot 31 Maart vermoor.

Die syfers is afgryslik en skokkend en sê baie van die morele karakter van die samelewing, het Francois Beukman, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Woensdag gesê.

Die statistieke vir die 2017-’18-boekjaar is Woensdag aan LP’s voorgelê.

As jy saam met jou meisie gaan en jy vermoor haar, kom die optrede altyd agterna. Dit kan nie vooraf gebeur nie.

Die meeste van die moorde – 886 – is in KwaZulu-Natal gepleeg, gevolg deur die Oos-Kaap met 730, Gauteng met 657 en die Wes-Kaap met 649. In die Vrystaat is 254 vroue en kinders vermoor, in Noordwes 231, in Mpumalanga 217, in Limpopo 215 en in die Noord-Kaap (76).

Die getal moorde op vroue het landwyd met 11% toegeneem van 2 639 in die 2016-’17-boekjaar tot 2 930 in die 2017-’18-boekjaar.

Kindermoorde het met 17,4% van 839 tot 985 toegeneem.

Beukman het gesê die samelewing moet ’n groter poging aanwend om gesinsgeweld en geweld tussen verwante partye te bekamp.

“Baie van die misdade teen vroue en kinders word deur mense gepleeg wat hulle ken.”

Bheki Cele, die minister van polisie, wat ook die komiteesitting bygewoon het, het gesê kinders loop regtig erg onder mishandeling deur.

Een van die groot uitdagings om sulke misdade te voorkom, is volgens Cele juis as die slagoffer en die oortreder na aan mekaar is.

“Dit is een ding wat vir ons as die polisie groot probleme skep. As jy saam met jou meisie gaan en jy vermoor haar, kom die optrede altyd agterna. Dit kan nie vooraf gebeur nie. Die polisie kan nie verliefdes by padversperrings voorkeer en vra is dié jou meisie en dan sê nee, jy kan nie saam met haar gaan nie.

“Dié is aspekte wat die sake baie, baie moeilik maak,” het hy gesê.

’n Ander groot probleem is dat sake dikwels teruggetrek word.

Hy het toegegee dat die polisie soms nie weet hoe om slagoffers van gesinsgeweld te hanteer nie en dat opleiding daarom belangrik is. “Ek het aan die polisiebestuur gevra waarom ons nie meer vroue-beamptes by die ontvangstoonbank kry nie.

“Ek verbeel my net as ’n vrou vir ’n polisieman moet sê sy is verkrag. Ek dink dit traumatiseer jou meer. As jy dit nie behoorlik verduidelik nie, verloor ons die saak in ’n later stadium. As dit ’n vroue-beampte is, sal dit makliker wees... die sensitiwiteit met die eerste aanmelding moet aan boord geneem word,” het Cele gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.