Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Moordbende’ naby plaas gestuit

“Hulle het nie net gekom om te roof nie, hulle was te swaar gewapen,” sê Riaan Corbett, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VS) in Fouriesburg.

Die mans wat aangekeer is, was na bewering op pad om plaasbewoners aan te val. Foto: Verskaf

Vyf mans, onder wie twee oudpolisielede van Ficksburg, bewapen met ’n R1 en ’n Norinco-pistool, is Woensdag aangekeer, terwyl hulle na bewering op pad was om ’n egpaar in die distrik aan te val.

Die mans het 15 patrone vir die R1 en 7 vir die pistool by hulle gehad.

Die toneel buite Fouriesburg waar die polisie vyf vermeende plaasaanvallers aangekeer het. Foto: Verskaf

Sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, sê die polisie se honde-eenheid en eenheid vir openbare orde in Bethlehem het by die eenheid vir misdaadintelligensie inligting ontvang dat die bende beplan om Woensdag op ’n plaas in die Fouriesburg-omgewing toe te slaan.

Die aanval was volgens inligting vir omstreeks 10:00 beplan.

Die wapens wat die polisie by ’n vermeende bende gekry het wat volgens inligting na bewering op pad was om ’n boere-egpaar aan te val. Foto: Verskaf

’n Optrede is deur die polisie en plaaslike veiligheidstrukture gereël en voertuigroetes is vroeg die oggend toegemaak.

Die polisie het omstreeks 07:00 ’n voertuig opgemerk wat verdag voorgekom het en die bestuurder is beveel om stil te hou.

Matoti sê daar was vyf mense in die voertuig. Die polisie het die voertuig deursoek en op die vuurwapens afgekom.

Koevoete en geld is ook in die motor gevind.

Matoti sê die ander drie mans is van Botshabelo buite Bloemfontein.

Al vyf sal binnekort in Fouriesburg in die hof verskyn en sal van sameswering om ’n misdaad te pleeg en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla word.

Corbett sê boere is baie dankbaar dat die beweerde aanval voorkom is. Hy sê hoewel die voertuig ’n Lesotho-registrasienommer gehad het, behoort dit aan een van die oudpolisielede van Ficksburg. Geen burgers van Lesotho is betrokke nie.

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Fouriesburg  |  Misdaad  |  Plaasaanvalle  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.