Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moorde in SA styg tot 20 336 in 1 jaar
Grafika24

Meer as 20 000 mense is in die 2017-’18-boekjaar in Suid-Afrika vermoor – dit is die hoogste aantal moorde wat die afgelope tien jaar in ’n enkele boekjaar aangemeld is.

Dit blyk uit die jongste misdaadstatistieke vir die 2017-’18-boekjaar wat die polisie Dinsdag in die parlement bekend gemaak het.

20 336 moorde is in die boekjaar aangemeld teenoor 19 016 in die 2016-’17-boekjaar. Dit is ’n toename van 1 320 moorde, oftewel 6,9%.

Misdaadstatistieke.

Die voorvalle van poging tot moord het ook toegeneem tot 18 233 voorvalle in die afgelope boekjaar teenoor die 18 205 in die vorige boekjaar.

Seksuele misdrywe het van 50 108 voorvalle in die vorige boekjaar tot 49 660 afgeneem.

Die aantal voorvalle van gewone aanranding het ook van 156 450 tot 156 243 afgeneem.

Ook gewone rooftogte het gedaal van 53 418 tot 50 730, terwyl roof met verswarende omstandighede van 140 956 tot 138 364 voorvalle gedaal het.

62 moorde op plase en kleinhoewes is ook in die boekjaar aangemeld. In totaal is 33 huisrooftogte en ses voorvalle van poging tot moord ook in dié kategorie aangemeld.

Misdaadstatistieke.

Die Wes-Kaap het tien polisiekantore in die top-30 vir moord gehad – dit is Nyanga, Philippi-Oos, Delft, Khayelitsha, Kraaifontein, Guguletu, Mfuleni, Harare, Bishop Lavis en Mitchells Plain.

Nege polisiekantore in Gauteng tel onder die top-30 vir moord: Jeppe, Ivory Park, Kagiso, Hillbrow, Moroka, Orange Farm, Tembisa, Johannesburg-Sentraal en Alexandra.

Ses van die polisiekantore is in KwaZulu-Natal, naamlik Umlazi, Inanda, Kwamashu, Plessislaer, Mariannhill en Mpumalanga in KZN. Vyf van die polisiekantore is in die Oos-Kaap: Mthatha, Bethelsdorp, Kwazakele, Lusikisiki en Ngqeleni. Dié polisiekantore het in totaal 4 124 oftewel 20% van die moorde tot die nasionale syfer bygedra.

Die meeste moorde het in KwaZulu-Natal (4 382) voorgekom, gevolg deur Gauteng (4 233), die Oos-Kaap (3 815) en die Wes-Kaap (3 729), Vrystaat (1 054), Noordwes (950), Mpumalanga (922), Limpopo (911) en die Noord-Kaap (340).

Vuurwapens is in 41,3% van die moorde gebruik, gevolg deur messe (30,7%) en ander skerp voorwerpe (11,1%).

Misdaadstatistieke.

Transito-rooftogte het met 56,6% toegeneem vanaf 152 in die vorige boekjaar tot 238 in die afgelope boekjaar.

Syfers toon dat die misdaad in die 17 ernstige kategorieë wat deur die gemeenskap aangemeld is, met 4,4% gedaal het. Onder die top-30-polisiekantore landwyd waar dié misdade aangemeld is, was 13 in Gauteng, 9 in die Wes-Kaap, 4 in KwaZulu-Natal, terwyl die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap elk een polisiekantoor bygedra het.

Die meeste van dié polisiekantore bedien metro’s of sentrale sakegebiede in die verskillende provinsies.

Misdaadstatistieke.
Misdaadstatistieke.
Misdaadstatistieke.
Misdaadstatistieke.
Misdaadstatistieke.
Misdaadstatistieke.

Meer oor:  Moord  |  Misdaadstatistieke  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.