Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordenaar 16 jaar ná gru-moorde aangekeer

’n Veroordeelde plaasmoordenaar wat vir 16 jaar die gereg ontduik het, is Donderdag aangekeer waar hy glo al jare lank by ’n myn aan die Wes-Rand werk.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die veroordeelde moordenaar Thapelo Samuel Mlangeni (46) en nog vier mans het 16 jaar gelede, op 23 Augustus 2004, vir Johanna van Niekerk (72) en ’n plaaswerker, Tororo Tsholo (43), op die plaas Dankbaarheid buite Bethlehem in die Vrystaat vermoor.

Mlangeni en sy makkers het Tsholo en Van Niekerk oorval en in ’n stoorkamer op die plaaswerf vermoor.

Tsholo is verwurg en Van Niekerk se keel is afgesny.

Die aanvallers het nog ’n slagoffer, Augustine Mokoena, vier keer raakgeskiet, maar hy kon van die toneel vlug om hulp te ontbied.

Die mans is kort ná die moorde aangekeer.

Ao. Nkosana Radebe, ’n speurder van Bethlehem, het ’n ontsnapte veroordeelde plaasmoordenaar, Thapelo Samuel Mlangeni (46), ná 15 jaar in hegtenis geneem. Foto: Verskaf
Thapelo Samuel Mlangeni (46) is by ’n myn aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat hy 15 jaar lank as veroordeelde moordenaar die gereg ontduik het. Hier is hy Donderdag saam met ao. Nkosana Radebe buite sy huis aan die Wes-Rand. Foto: Verskaf

Mlangeni het in 2005, die aand voordat hy en sy makkers in Harrismith in die rondgaande hof gevonnis sou word, uit die polisieselle by die Makwane-polisiekantoor in Qwaqwa ontsnap.

Minder as twee maande nadat die dossier van die ontsnapping in Junie aan speur-ao. Nkosana Radebe van Bethlehem oorhandig is, het hy Mlangeni opgespoor.

Radebe het danksy hulp uit die gemeenskap vasgestel dat Mlangeni onder ’n nuwe identiteit by die Hlanganani-myn aan die Wes-Rand werk.

Radebe het Mlangeni Donderdag saam met nog polisielede en veiligheidsbeamptes van die myn in hegtenis geneem.

Makhele sê Mlangeni sal binnekort in die hof verskyn.

Drie van Mlangeni se vier makkers is elk tot 18 jaar tronkstraf gevonnis terwyl die vierde man, wat die meesterbrein was, lewenslank tronk toe gestuur is.

Meer oor:  Bethlehem  |  Wes-Rand  |  Harrismith  |  Plaasmoord  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.