Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Moordenaar’ van pannekoek-tannie ontsnap vroeër uit tronk
Anna Herbst (61), Bloemfontein se “pannekoek-tannie”, is Saterdagoggend in haar huis vermoor.

Een van die vermeende moordenaars van Bloemfontein se “pannekoek-tannie” is ’n veroordeelde kaper wat uit die tronk ontsnap het.

Die ontsnapte Lehlohonolo Gift Mans (18) en sy twee makkers, Mpho Joseph Mateu (18) en Thabo Andries Ntholeng (19), het Vrydag vlugtig weens die moord op Anna Herbst (66) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Hul verskyning in die hof kom ’n dag nadat ’n troosdiens Donderdag vir Herbst in die Klipkerk in die stad gehou is. Die drie is Woensdagoggend, vyf dae ná die moord op Herbst, in Bloemspruit vasgetrek.

Die drie het ’n bekentenis voor ’n landdros afgelê oor hul onderskeie rolle in die branddood van Herbst in die vroeë oggendure van 6 Julie in haar huis in Martindale buite die stad.

Johan de Vries, aanklaer, het Vrydag voor landdros Ryan Ishmail gesê ooggetuies verbind die drie met die moord.

Mans het by monde van sy prokureur, Lebohang Motloung van Regshulp SA, gesê hy is in 2017 op ’n aanklag van voertuigkaping skuldig bevind en tronkstraf van 15 jaar opgelê.

Ná sy vonnis het hy uit die tronk ontsnap.

Van links sit Lehlohonolo Gift Mans, Mpho Joseph Mateu en Thabo Andries Ntholeng.

Landdros Ishmail het die drie se aansoek om borgtog tot volgende week uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

Die mans se verskyning in die hof spruit uit die gebeure toe Herbst se huis verlede Saterdag aan die brand gesteek is.

Haar vasgebinde lyk is op haar bed in haar slaapkamer gevind nadat die vlamme geblus is.

Sy het elke week van Donderdag tot Saterdag pannekoek by die D&J Vleis-slaghuis in Genl. De Wet verkoop.

Haar vermeende moordenaars het glo haar pannekoek-geld uit haar motor gesteel en haar huis toe aan die brand gesteek.

Die drie beskuldigdes is vier dae ná die moord in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.