Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordkomplot: Dogter hou glo ma vas toe 2 haar verkrag, wurg

’n Vyfde verdagte is Maandag in hegtenis geneem in verband met ’n beweerde moordkomplot waarin twee susters van Baberton in Mpumalanga glo saamgesweer het om hul 62-jarige ma te vermoor.

Wanter Dlamini se lyk is op 6 Januarie langs die pad in Barberton gevind nadat sy ontvoer, verkrag en verwurg is.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 36-jarige man wat vasgetrek is, sal hom nou by die vier ander verdagtes aansluit wat vroeër gearresteer is in verband met die gru-moord.

Volgens die polisie is die moord op Dlamini deur haar twee dogters beplan vir versekering van R40 000, wat dubbel sou uitbetaal indien sy in ’n ongeluk sterf.

Hlathi sê Dlamini is na bewering deur haar dogter Nonhlanhla Mthunywa (30) oorreed om by haar te kom kuier, waar Mthunywa en drie mans – Nombuso Philadelphia Ndwandwa (41), Stanley Mashakengdie (33) asook die 36-jarige wat nou aangekeer is – haar glo ingewag het.

“Toe Dlamini by Mthunywa se huis opdaag, is sy na bewering ontvoer, aangerand en deur twee van die mans

verkrag, terwyl Mthunywa en haar 41-jarige vriend haar vasgehou het,” sê Hlathi.

Hy sê die verdagtes het Dlamini glo ná die verkragting verwurg, waarna hulle haar lyk in ’n kombers

toegedraai en in ’n buitetoilet gaan wegsteek het.

Mthunywa se suster Penolope Mampune Mthunywa (39), het glo gehelp om later van Dlamini se lyk ontslae te raak deur dit in ’n veld langs die pad te gooi.

Hlathi sê die dogters het hul ma na bewering doodgemaak vir polisgeld.

Die gearresteerde man sal Dinsdag in die landdroshof in Barberton verskyn.

Intussen het Ndwandwa Maandag in die hof verskyn en is haar saak tot 6 Maart uitgestel, terwyl die borgaansoek van Mthunywa, die oorledene se oudste dogter, tot Vrydag uitgestel is.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die jongste inhegtenisneming verwelkom en gesê dat die speurspan, die vervolgingsgesag en die regbank sal verseker dat geregtigheid in die saak sal geskiet.

“Die polisie het hul belofte gehou om alle verdagtes in die moordsaak van Dlamini agter tralies te sit.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.