Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordsyfer in Vrystaat styg met 10%

Altesaam 1 054 moorde is in die boekjaar 2017-’18 in die Vrystaat gepleeg – dit beteken dat die Vrystaat op vier na die provinsie met die meeste moorde is.

Bheki Cele, minister van polisie, Dinsdag in die parlement. Foto: Jaco Marais

Dit is 104 meer (10,9%) as in die vorige boekjaar toe 950 moorde aangemeld is.

In die Noord-Kaap is die minste moorde (340) gedurende dieselfde tydperk gepleeg – vier minder moorde as die vorige jaar.

Altesaam 20 336 mense is gedurende dieselfde tydperk in Suid-Afrika vermoor – dit is die hoogste getal wat die afgelope tien jaar in ’n enkele boekjaar aangemeld is, volgens die statistieke vir die 2017-’18-boekjaar wat Dinsdag in die parlement bekend gemaak is.

Dit is ’n toename van 1 320 (6,9%).

Die meeste moorde het in KwaZulu-Natal (4 382) voorgekom, gevolg deur Gauteng (4 233), die Oos-Kaap (3 815) en die Wes-Kaap (3 729). In Noordwes was daar 950, in Mpumalanga 922 en in Limpopo 911.

Narend Singh, IVP se hoofsweep in die parlement, sê dit is uiters ontstellend wanneer Bheki Cele, minister van polisie, aan die parlement vertel dat die “moordkoers grens aan ’n oorlogsgebied”.

“Dit is ysingwekkende statistieke en die toenemende aantal geweldsmisdade laat ons vra of die huidige taktiese, strategiese en voorkomingstelsels genoeg is om misdadigers af te skrik.

“Suid-Afrikaners het genoeg rede om te praat oor die herinstelling van die doodstraf.”

By die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein is die naasmeeste (onder die top 30-polisiekantore) huisbrake (1 288) in die land aangemeld terwyl op vyf na die meeste voorvalle van gewone roof (364) in die land hier aangemeld is.

Suid-Afrikaners het genoeg rede om te praat oor die herinstelling van die doodstraf.

Dit is die besigste polisiestreek in die Vrystaat.

Die Vrystaat het ook twee polisiekantore, Thabong en Bloemspruit, onder die top-30 in die land waar die meeste verkragtings aangemeld is. Die kantore is onderskeidelik 22ste (Thabong met 155 voorvalle) en 24ste (Bloemspruit met 152 voorvalle) op die lys.

Buiten moord het roof (0,1%), motorkapings (0,4%), transitorooftogte (50%), bankrooftogte, motordiefstal (0,5%), veediefstal (9,7%) en die bestuur onder die invloed van drank of dwelms (0,1%) ook in die Vrystaat toegeneem.

Misdade soos verkragting (4,8%), seksuele aanranding (8,2%), seksuele oortredings (5,8%), poging tot moord (11,1%), aanranding met die doel om ernstig te beseer (7,3%), roof met verswarende omstandighede (2,2%), huisroof (1,3%), huisbraak (8%), inbraak by nie-residensiële persele (1%) het afgeneem.

In die Noord-Kaap het seksuele oortreding (3,1%), poging tot moord (12,7%), aanranding met die doel om ernstig te beseer (5,5%), gewone roof (14,7%), verkragting (3,8%), huisbraak (4,4%) en inbraak by nie-residensiële persele (9,6%) afgeneem.

Roof met verswarende omstandighede (8,9%), seksuele aanranding (4,3%), motorkaping (27,6%), huisroof (12%), motordiefstal (6,4%), veediefstal (14,9%), en seksuele oortredings wat deur polisie-optrede opgespoor is (65,3%), het toegeneem.

Grafika24
Meer oor:  Narend Singh  |  Vrystaat  |  Misdaadstatistiek  |  Moordsyfer  |  Doodstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.