Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordsyfer skiet hoogte in ná drankverbod gelig is

Meer as 60 moorde is die afgelope naweek in die Wes-Kaap aangemeld.

Verlede naweek – van Vrydag 5 Junie tot Sondag 7 Junie – was die eerste naweek nadat die verbod op drankverkope op Maandag 1 Junie opgehef is.

Ingeligte polisiebronne sê die moordsyfer is die meeste sedert die staat van inperking in Maart afgekondig en die verkoop van drank verbied is.

Volgens die bronne is die meeste van die moorde in Nyanga, Suid-Afrika se moordhoofstad, en Khayelitsha aangemeld. Die oorledenes het veral aan mes- en skietwonde gesterf.

Bronne het gesê in April en Mei was daar gemiddeld 20 tot 30 moorde oor ’n naweek in die Wes-Kaap.

Bronne het gesê in April en Mei was daar gemiddeld 20 tot 30 moorde oor ’n naweek in die Wes-Kaap.

Bheki Cele, minister van polisie, het ook Dinsdag in Soweto in Gauteng gesê dat die moordsyfer landwyd ná die opheffing van die verbod op drankverkope toegeneem het. Volgens hom is 40 moorde verlede Maandag aangemeld.

Sy woordvoerder, Lirandzu Themba, het Donderdag gesê sedert die land na vlak 3 van die inperking geskuif het, was daar landwyd in vergelyking met die moordsyfer in dieselfde tydperk ’n jaar gelede ’n toename van meer as 25,2%.

“So, in ’n neutedop is 96 meer moorde van 1 tot 7 Junie vanjaar as in dieselfde tydperk in 2019 aangemeld.”

Sy het gesê gesinsgeweld het ook toegeneem. “Dit kan egter ook wees dat omdat mense nou hul huise kan verlaat, kan hulle nou die geweld gaan aanmeld,” het Themba gesê.

“En ja, drank speel ook ’n rol.”

Sy het gesê dat sy ongelukkig nie provinsiale moordsyfers het om te vergelyk nie.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Opheffing  |  Drankverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.