Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordverdagte in die Kaap gesoek

Die Wes-Kaapse polisie het ’n lasbrief vir ’n 20-jarige man wat met ’n string moorde in die Marcus Garvey-rastagemeenskap, Philippi-Oos en Laer Kruispad in Kaapstad verbind word.

Die moordverdagte, Khwezi Matolong.Foto: SAPD

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Khwezi Matolong word in verband met moorde gesoek wat tussen Junie en November verlede jaar gepleeg is.

Khwezi Matolong, die moordverdagte wat in die Kaap gesoek word.Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse georganiseerde misdaadondersoekeenheid vermoed dat Matolong moontlik in die omgewing van Khayelitsha of Capricorn in die Wes-Kaap skuil of moontlik selfs na Johannesburg gevlug het.

Die polisie het ’n beroep op mense met inligting oor die verdagte gedoen om die ondersoekbeampte, speurder sers. Isaac Tshabalala, by 078 293 1954 of 021 467 6211 te bel. Anders kan die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 gebel word. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Kaapstad  |  Gesoek  |  Polisie  |  Moordverdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.