Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordverdagte vas wat hom as soldaat voordoen

Die polisie in Philippi-Oos het Dinsdagoggend vroeg op patrollie ’n gesoekte moordverdagte vasgetrek.

Sers. Noloyiso Rwexana sê die 21-jarige man was geklee in ’n uniform wat soortgelyk is aan dié van ’n soldaat toe die polisie hom in Mkhombe-singel in Onder-Kruispad voorkeer het.

Hy is deursoek en ’n 9 mm-vuurwapen met ammunisie is in sy besit gevind. “Die man is herken as ’n gesoekte verdagte in verband met ’n moord en drie pogings tot moord wat in Januarie in die township gebeur het,” sê Rwexana.

Volgens die polisie word die verdagte ook in Philippi-Oos vir verskeie ander misdade, waaronder roof, kaping en moord, gesoek. Hy sal binnekort in die landdroshof in Wynberg verskyn.

Meer oor:  Philippi-Oos  |  Moordverdagte  |  Soldaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.