Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Moordverdagte vasgekeer ná huisbraak

’n Moordverdagte wat op borgtog vrygelaat was, is Woensdagoggend weer in die Oos-Kaap vasgetrek ná ’n inbraak.

’n Patrollie-polisiehond, Bonzo, het die 32-jarige man Woensdag in die vroeë oggendure in ’n bos aangekeer, oomblikke nadat hy glo by ’n nabygeleë huis in Bathurst, sowat 15 km buite Port Alfred, ingebreek het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die man het ’n randsnyer by hom gehad. Dit is vermoedelik in ’n ander huisbraak gebuit.

Die polisie het Woensdagoggend gereageer op ’n paniekalarm van die huiseienaar in Bathurst.

Die huiseienaar het volgens Govender ’n volledige beskrywing van die verdagtes aan die polisie verskaf, waarna die polisiehond ’n spoor gevolg het tot by ’n nabygeleë bos waar die 32-jarige man in hegtenis geneem is.

Hy sal later die week op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die hof verskyn.

Govender sê die man is in 2018 vir moord in hegtenis geneem en daarna op borgtog vrygelaat.

Meer besonderhede rondom die moord was nie onmiddellik beskikbaar nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Port Alfred  |  Huisbraak  |  Vasgekeer  |  Misdaad  |  Moordverdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.