Die polisie in Gauteng sê die motief vir die dubbele moord Woensdagmiddag in Xavierstraat in Ormonde in die suide van Johannesburg, is nog onbekend.
Hulle ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.
Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, wou nie kommentaar lewer op gerugte dat die aanval met taxi-konflik verband hou nie.
Hy sê drie mans in ’n silwer Toyota Corolla is omstreeks 13:30 in Xavierstraat op die brug oor die M1 aangeval.
“Die twee mans voor in die motor is doodgeskiet terwyl nog ’n man, wat agter gesit het, met skietwonde na die hospitaal geneem is.”

Polisie- en metropolisiebeamptes op die toneel van die skietery, waarin twee mans Woensdagmiddag in die suide van Johannesburg doodgeskiet is. Foto: Melinda Stuurman

Die Toyota Corolla is vol koeëlgate nadat die insittendes Woensdagmiddag daarin aangeval is. Foto: ER24