Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motief vir moord op sanger nog onbekend
Wynand Breedt
Wynand Breedt Foto: Facebook (Lanner House Independent School)

Die motief vir die moord op die sanger Wynand Breedt is steeds onbekend. Daar word ook steeds na sy aanvallers gesoek, het die Wes-Kaapse polisie Sondagaand gesê.

Breedt (45) is Vrydagaand by sy huis op Fleury Farm in die Nuy-vallei tussen Worcester en Robertson doodgeskiet.

Christelle Human, sy suster, het Sondag gesê die familie sukkel om hul gevoelens in woorde uit te druk.

“My broer was ’n celeb op sy eie.”

Lanner House Independent School in Worcester, waar Breedt voorheen ’n musiekonderwyser was, het Saterdag ook gesê hulle het die “hartseer nuus” ontvang.

“Mnr. Wynand sal erg gemis word. Dankie vir die rol wat jy gespeel het by ons skool en die lewens wat jy aangeraak het,” lui ’n inskrywing op die skool se Facebook-blad.

Breedt is oorspronklik van die noordelike voorstede van Kaapstad en het as kind in verskeie kore gesing. Hy het ook die Wynand Breedt Academy of Music gestig wat lesse in sang, musiekteorie en die bespeling van instrumente aangebied het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Vrydag om 22:30 na die plaas ontbied, waar hulle op Breedt se lyk met ’n skietwond in die bors afgekom het.

Die man was glo onbekend aan hulle en het niks gebuit nie. Hy was daar met ’n plan. Dit was nie ’n gewone misdaad nie, maar wrede geweld.

Breedt en sy lewensmaat het Vrydagaand by die huis aangekom. Toe sy lewensmaat die voordeur oopmaak, was daar ’n gewapende man in die huis. Hy het die deur toegeslaan en kort daarna vir Breedt met ’n skietwond buite die huis aangetref.

Thomas van Dalen, AfriForum se waarnemende streekhoof vir gemeenskapsveiligheid, het Saterdag gesê dit lyk of die aanvaller die twee ingewag het.

“Die man was glo onbekend aan hulle en het niks gebuit nie. Hy was daar met ’n plan. Dit was nie ’n gewone misdaad nie, maar wrede geweld.”Van Dalen sê daar was ook twee soortgelyke voorvalle die afgelope 12 dae op plase in die Paarl-omgewing en net buite Worcester.Saterdagaand is ’n swanger vrou (26) en ma van twee kinders ook in ’n plaasaanval naby Weenen, KwaZulu-Natal, vermoor en haar man aangerand, berig Dennis Delport.

Zakiyya Ahmedjan is dood nadat drie gewapende en gemaskerde mans om 19:00 by die huis ingebreek het. Een van die aanvallers het die twee kinders na ’n kamer geneem. Ahmedjan is na die badkamer geneem waar haar keel afgesny is.

Die aanvallers het kort daarna gevlug.

Jules Stobbs, een helfte van die bekende Dagga Couple, is Vrydagoggend op sy hoewe naby die Lanseria-lughawe in Johannesburg doodgeskiet. Foto: Verskaf

Vrydag is berig dat Jules Stobbs op sy hoewe naby die Lanseria-lughawe doodgeskiet is. Sy lewensmaat, Myrtle Clarke, is nie beseer nie. Selfone en skootrekenaars is gebuit.

Meer oor:  Wynand Breedt  |  Zakiyya Ahmedjan  |  Weenen  |  Worcester  |  Moorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.