Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motor tref beampte toe hy rower agternasit

’n Lid van die Tshwane-metropolisiediens (TMPD) se taktiese eenheid is dood nadat ’n kar hom raakgery het terwyl hy ’n rower te voet gejaag het.

Konst. Vutomi Nordic Baloyi (29) was Sondagaand saam met ’n kollega aan diens.

Sr.supt. Isaac Mahamba, metropolisiewoordvoerder, sê Baloyi en sy kollega het omstreeks 20:00 by ’n vulstasie in Mamelodi, oos van Pretoria, stilgehou om brandstof in hul werkvoertuig te gooi.

Konst. Vutomi Nordic Baloyi (29)Foto: Verskaf

“Die konstabel het, terwyl die kar volgemaak is, gesien hoe ’n verdagte mense aanval en beroof. Hy het nadergegaan, maar die rower het weggehardloop toe hy die beampte gewaar,” sê Mahamba.

Baloyi het sonder om twee keer te dink agter die gewapende man aangehardloop – oor die straat.

“Toe kom daar ’n voertuig uit ’n ander rigting en tref konst. Baloyi terwyl hy die rower jaag,” sê Mahamba.

Die motorbestuurder, wat nie met die rooftog verbind word nie, het stilgehou en Baloyi se kollega en omstanders het kom help.

Baloyi is na die naaste hospitaal geneem, maar is Maandag dood.

Mahamba sê die TMPD is “in rou gedompel”.

“Konst. Baloyi, wat sedert Desember 2013 ’n lid was, is dood in die uitvoering van sy pligte en terwyl hy sy gemeenskap gedien het. Ons salueer hierdie dapper, gevalle soldaat.”

’n Gedenkdiens word Donderdag by die TMPD se hoofkantoor gehou.

* Die voertuigbestuurder is op die toneel op aanklag van roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Die rower het weggekom.

Meer oor:  Mamelodi  |  Beampte  |  Tref-En-Trap-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.