Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motor van onthoofde Abbott in Windhoek opgespoor

Die motor van die vermoorde Namibiese sjef  Elna-Marie Abbott (29) is laat Vrydagmiddag op ’n Windhoekse parkeerterrein opgespoor nadat haar koplose lyk vroeër die dag op ’n treinspoor gevind is.

Haar niggie, Elizma Theron, wat ’n bekende Suid-Afrikaanse sangeres is, het bevestig dat Abbott se silwerkleurige Volkswagen Golf 5, wat sedert haar verdwyning Woensdagaand deur haar familie en die polisie gesoek is, in die middestad gevind is.

Elna-Marie Abbot
Elna-Marie Abbot (29), Elizma Theron se niggie, is dood in Windoek. Foto: FACEBOOK

“Ons weet nie veel meer nie,” het Theron, wat Donderdag op Facebook ’n foto van Abbott gedeel en gevra het dat mense help om na haar te soek, gesê.

Informanté, ’n Namibiese koerant, berig dat haar motor op die parkeerterrein van Merensky Towers in Ausspannplatz aangetref is.

Haar suster Windy Engelbrecht, wat saam met haar man, Albie, ook in Windhoek woon, het dit bevestig.

Volgens haar het sy Dinsdagaand die laaste keer met haar suster gepraat.

Abbott, wat enkellopend was, het Woensdag omstreeks 21:30 verdwyn.

Theron het Vrydagmiddag aan Netwerk24 gesê haar niggie het nie verdien om só aan haar einde te kom nie.

“Dis nog baie rou en seer, en ons wil nie regtig nou baie sê nie. Niemand kan iets slegs van daardie mensie sê nie. Sy was die dierbaarste, sagste, hardwerkendste mens met die mooiste omgeehart.”

Volgens Theron verstaan die familie dat die polisie vermoed dat sy moontlik elders vermoor is voordat haar lyk na die treinspoor naby ’n winkelsentrum in Hoachland-weg geneem is.

Haar lyk is gevind toe ’n treinkondukteur Vrydagoggend die grusame toneel van die onthoofde lyk op die spoorlyn gesien het.

Volgens Die Republikein, ’n plaaslike koerant, het die polisie reeds bevestig dat dit Abbott se lyk is.

Informanté het berig Abbott se kop is meters verder onder ’n treinwa gekry. 

Volgens dié koerant wil dit voorkom dat die lyk op die treinspoor gelaat is sodat dit vermoedelik kan lyk asof sy haarself om die lewe gebring het.

Meer oor:  Elizma Theron  |  Elna-Marie Abbott  |  Opgespoor  |  Niggie  |  Vermoor  |  Onthoof  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.