Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motorfietsdiewe weer bedrywig, maan Baaise polisie

Die polisie waarsku dat ’n motorfietsdiefstalsindikaat moontlik in dele van die Nelson Mandelabaai-metro bedrywig is.

Minstens 11 motorfietse is sedert Januarie oor die metro heen gesteel.

Volgens die polisie het die gesteelde motorfietse ’n waarde van tussen R110 000 en R150 000 elk.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Humewood, Mountweg, Walmer en Kabegapark is van die brandpunte.

’n Skermgreep wys hoe ’n BMW-motorfiets in November 2019 binne ’n minuut deur drie rowers by ’n huis in Walmer in die Nelson Mandelabaai-metro gesteel is. Die polisie het vandeesweek gewaarsku dat ’n toename in motorfietsdiefstalsake in die metro ervaar word.

Die motorfietsdiewe het ’n soortgelyke modus operandi, wat daarop dui dat dit moontlik ’n sindikaat is. In die meeste gevalle word toegang tot die motorfietse by huise verkry deur elektriese hekke op te lig, waarna die motorfiets uit die erf gestoot en op ’n sleepwa of bakkie weggery word.

Naidu sê daar is ook gevalle waar motorhuise se deure oopgebreek is om by die motorfiets uit te kom.

In 2019 het verskeie woonbuurte in die metro ook onder motorfietsdiewe deurgeloop.

In die een geval het ’n BMW-motorfietseienaar van Walmer op sy kringtelevisiemateriaal gesien hoe drie mans binne 45 sekondes sy elektriese hek se motor breek en sy motorfiets wegstoot.

Handelaars is ook geteiken.

Naidu sê motorfietseienaars moet hul veiligheidsmaatreëls verskerp. Sy sê dit is belangrik om ’n opsporingstoestel in die motorfiets te laat installeer en om nie die sleutel in die motorfiets of motorhuis te los nie. Wees ook op die uitkyk vir vreemde bakkies of bussies wat in woonbuurte rondry.

Enigeen wat inligting het wat die polisie in hul ondersoek na die motorfietsdiefstalsake kan help, kan speursers. Nelia Carr by 083 226 8520 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.