Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motorfietsryer sonder rybewys teen 248 km/h gevang

Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het ’n ernstige waarskuwing uitgereik nadat ’n motorfietsryer sonder ’n rybewys tussen Odendaalsrus en Welkom teen 248 km/h afgetrek is.

Die 53-jarige man het Donderdag net ná 16:00 op die R730-hoofpad met sy Suzuki teen dié snelheid in ’n 100 km-sone gejaag.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die departement, sê die verdagte is aangekeer vir die spoedoortreding, weens roekelose bestuur en weens die bestuur sonder ’n geldige rybewys. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Sy sê die departement is gekant teen wetteloosheid in die provinsie.

“Padgebruikers wat nie die verkeersreëls nakom en respekteer nie, sal geen genade betoon word nie.”

Die departement loof die werk van die verkeersbeamptes en sê hul opofferings word gedurende die feestyd raakgesien.

“Ons weet hulle offer gesinstyd op – tyd wat hulle veronderstel is om met hul geliefdes deur te bring – maar dit is om te verseker dat die paaie in die Vrystaat veilig is en dat padgebruikers veilig by hul geliefdes uitkom,” sê Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer.

Meer oor:  Motorfietsryer  |  Spoedvraat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.