Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motoris geskiet nadat hy by Mamelodi oor spykers ry

’n Man van in sy 30’s is Donderdagaand op die R102-hoofweg naby Solomon Mahlangu-rylaan by Mamelodi, oos van Pretoria, beroof en gewond nadat hy oor spykers in die pad gery het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van die Emer-G-Med-nooddiens, sê hul paramedici het die man met ’n skietwond in die been op die toneel gevind. Hy is hospitaal toe geneem.

“Die man het vermoedelik oor spykers in die pad gery. Hy het stilgehou, waarna ’n onbekende aantal mense hom van sy persoonlike besittings beroof het. Hy is in die been geskiet voordat hulle daar weg is,” sê Van Reenen.

Die polisie kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie. Voorvalle waarin rowers spykers op paaie neersit om voertuie tot stilstand te dwing, het die laaste ruk toegeneem. Brandpunte is die N4-hoofweg by Pretoria en die R102.

Meer oor:  Mamelodi  |  Motoris  |  Geskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.