Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motoris vlug ná hy beampte raakry
Met haar pepersproei en boeie vang Suzette Ludeke, ’n verkeersbeampte van die Nelson Mandelabaai-metro, gereeld misdadigers op straat. Foto: Argief

’n Verkeersbeampte van Port Elizabeth sterk by die huis aan nadat sy deur ’n motoris op ’n ongelukstoneel raakgery is.

Suzette Ludeke, ’n plaaslike verkeersbeampte wat die afgelope 23 jaar vir haar dienslewering in die stad bekend geraak het, is Vrydagmiddag kort ná die voorval in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Om sake te vererger het die motoris wat haar raakgery het van die toneel weggejaag.

Die voorval het omstreeks 15:00 op die N2 by die Cotswold-afrit gebeur.

Suzette Ludeke, ’n verkeersbeampte van die Nelson Mandelabaai-metro, is Vrydagmiddag in ’n hospitaal in Port Elizabeth opgeneem nadat sy deur ’n motoris op ’n ongelukstoneel omgery is. Foto: Facebook, Suzette Ludeke

Na verneem word het Ludeke in die geel lyn van die pad gestaan om besonderhede van ’n ongeluk waarby ’n motor en motorfiets betrokke was, af te neem.

Die bestuurder van ’n Hyundai-voertuig was blykbaar nuuskieriger oor die ongeluk as die verkeer rondom hom en het met sy voertuig vir Ludeke in die pad se geellyn-gebied omgestamp.

Na verneem word het die Hyundai-voertuig vlugtig tot stilstand gekom voordat die voertuig haastig weggery het.

’n Ambulansbestuurder wat op die toneel was, het agter die Hyundai aangejaag, maar die motoris het kort daarna sy voertuig in die middel van William Moffett-rylaan tot stilstand gebring en weggehardloop.

Ludeke is in die hospitaal vir wonde aan haar arms, heup en bene behandel en is later die aand ontslaan.

Eric Tiso, bedryfshoof van die plaaslike verkeersdepartement, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê motoriste moet nooit hul oë van die pad af haal nie, veral nie om na ’n ongelukstoneel te staar nie.

Hy sê wat veral ontstellend is, is dat die motoris wat Ludeke raakgery het, weggejaag het.

“Mense moet begin leer dit is wet om stil te hou nadat hulle in ’n ongeluk betrokke was, maak nie saak wat die aard van die ongeluk is nie,” sê Tiso.

Die Hyundai-bestuurder het homself glo later die Vrydagaand in die teenwoordigheid van sy prokureur aan die polisie oorgegee, maar Tiso sê die bestuurder het die saak bloot as ’n gewone ongeluk aangemeld.

“Die oomblik wat ’n bestuurder versuim om by ’n ongelukstoneel stil te hou, is dit nie meer net ’n gewone ongeluk nie. Daar is ook natuurlik die kwessie van die beampte wat raakgery is. Daarom het ons sake teen die bestuurder geopen.”

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het bevestig sake van versuim om by ’n ongelukstoneel stil te hou en roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

Niemand was teen Sondag in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Suzette Ludeke  |  Beampte  |  Raakgery  |  Padongeluk  |  Motoris  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.