Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motoriste beseer toe rowers op geldwa losbrand

Twee motoriste is Dinsdag gedurende ’n transitorooftog buite Carletonville in Gauteng beseer.

Kol. Brenda Muridili, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die voorval het om 10:21 op die P111-pad naby die Leeupoort-afrit by Oos-Driefontein gebeur.

Die transitorowers het een van hul vier voertuie gebruik om die geldwa van die pad af te dwing.

“Twee motoriste het beheer oor hul voertuie verloor toe die rowers op die geldwa losbrand en het ligte beserings opgedoen,” sê Muridili.

Die rowers het plofstof gebruik om die geldwa oop te dwing en met ’n onbekende kontantbedrag gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Carletonville  |  Gauteng  |  Rowers  |  Motoriste  |  Transitorooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.