Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motorkapings, seksmisdade verdubbel byna
Dr. Pali Lehohla, statistikus-generaal, praat in Pretoria oor die misdaadstatistieke van die afgelope jaar. Foto: Simvuyele Mageza

Die aantal motorkapings in Suid-Afrika het met 93% toegeneem en seksuele misdrywe met 110% van 2015-’16 tot 2016-’17, volgens syfers wat Statistieke Suid-Afrika Donderdag bekend gemaak het.

Dr. Pali Lehohla, statistikus-generaal, sê mense voel nie meer veilig nie.

“51% van huise en 41% van voertuie is met toestelle en stelsels toegerus om dit veiliger te maak. Selfs met dié stappe is 32% van die mense bang om in oop plekke te wees, 20% wil nie hê hul kinders moet buite speel nie en 15% wil nie dorp toe stap nie.”

Meer as die helfte van misdaadslagoffers dink die polisie sal nie gesteelde besittings terugkry nie en talle het ook gevoel die howe gaan te sag met misdadigers om.

Die totale aantal misdade in 2016-’17 was egter laer as in die vorige jaar, het Lehohla op ’n mediakonferensie in Isibalo-huis, Statistieke Suid-Afrika se nuwe tuiste in Salvokop, Pretoria, gesê.

Altesaam 53% van die huishoudings wat misdaad ervaar het, het diefstal beleef, gevolg deur veediefstal (11%) en huisroof (10%).

Daar was 1,468 miljoen voorvalle van misdaad in 2016-’17.

Daar was ’n daling van 25% in die aantal huisrooftogte, ’n daling van 8% in inbrake en ’n daling van 12% in diefstal van persoonlike besittings.

’n Kleiner persentasie van huishoudings het misdaad ervaar as in die vorige jaar. Dié getal het gedaal van 9% tot 7%.

Altesaam 53% van die huishoudings wat misdaad ervaar het, het diefstal beleef, gevolg deur veediefstal (11%) en huisroof (10%).

Lehohla sê die syfers is gegrond op ’n steekproef onder 30 000 huishoudings.

Meer oor:  Statistieke Sa  |  Statistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.