Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Motshekga: Vervolg misdadigers wat by skole inbreek

Elke liewe misdadiger wat skole besteel en skoolinfrastruktuur beskadig, moet vasgetrek en vervolg word, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Vrydag in ’n verklaring wat haar departement uitgereik het, het sy die inhegtenisneming van 44 verdagtes tot dusver in Gauteng en twee in KwaZulu-Natal die afgelope 24 uur verwelkom.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: Gallo Images

“Dit is regtig jammer dat misdadigers in ons gemeenskappe die infrastruktuur van hul eie kinders vernietig. Ons loof die werk wat deur die polisie gedoen word en hoop meer inhegtenisnemings sal volg.”

Luidens die verklaring het 397 skole landwyd sedert die aanvang van die staat van inperking onder vandale deurgeloop.

Die voorvalle per provinsie lyk so:

  • Mpumalanga: 73
  • Gauteng: 67
  • Wes-Kaap: 57
  • Noordwes: 55
  • Noord-Kaap: 39
  • KwaZulu-Natal: 34
  • Limpopo: 30
  • Oos-Kaap: 26
  • Vrystaat: 16

Motshekga sê die skade wat hierdeur aangerig word, gaan ’n negatiewe impak hê wanneer leerlinge weer na die klaskamers kan terugkeer. Diewe teiken oorwegend administratiewe kantore vir rekenaartoerusting en die kos in voedingsentrums.

Sy sê gemeenskappe is veronderstel om die bewaarders te wees van die infrastruktuur wat die regering vir die onderrig van kinders oprig.

“Hierdie misdadigers moet onmiddellik aan die polisie gerapporteer word,” sê Motshekga.

Meer oor:  Angie Motshekga  |  Onderwys  |  Skole  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.