Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Mount Nelson: Polisie soek nog na rowers

Die polisie is nog op die spoor van die groep gewapende mans wat Dinsdagaand gaste en personeel van ’n luukse vyfsterhotel in Kaapstad oorval en beroof het.

Die kroegarea van die Lord Nelson hotel in Kaapstad waar gewapende aanvallers Dinsdag laataand die hotel en gaste beroof het.Foto: Jaco Marais

Die ondersoek na die voorval by die Belmond Mount Nelson duur voort, het kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, Donderdagaand gesê.

Volgens hom is niemand nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens die polisie het sowat 15 verdagtes in twee motors by die luukse hotel in Tuine aangekom, die sekuriteitswag by die hotel se hek met ’n vuurwapen gedreig en toe personeel en gaste in die ontvangsgebied van die hotel beroof.

Twee van die verdagtes het die wag se knuppel en handradio van hom afgeneem en by hom gebly terwyl

die res van die groep die hotel binnegegaan het.

Hier het hulle in die ontvangsgebied van die gaste en personeellede oorval en beroof en ook vertoonkaste met juweliersware in stukkend geslaan en die inhoud gebuit.

Enigiemand met inligting word versoek om die stopmisdaadnommer by 0860010111 te skakel.

Meer oor:  Polisie-Soektog  |  Hotel  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.