Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Muldersdrift-man in hoësorgeenheid ná aanval op hoewe
Riaan-Juan Smit is Sondagoggend vroeg op ’n kleinhoewe by Muldersdrift aangeval

Riaan-Juan Smit is die jongste slagoffer van ’n geweldadige aanval op ’n kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing naby Johannesburg.

Liza Linde, Riaan-Juan Smit se suster, het op Facebook gesê sy was geskok toe sy om 04:00 Sondagoggend ’n oproep gekry het om te sê Smit is ernstig beseer in ’n plaasaanval. Volgens Linde is Smit erg geslaan en het hy beserings aan sy lyf en veral sy kop opgedoen.

Smit is die jongste slagoffer van ’n gewelddadige aanval op ’n kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing naby Johannesburg.

Smit is Sondagoggend vroeg, tussen 03:00 en 04:00, deur drie of vier mans oorval en aangerand.

Terry-Ann Terblanche, skakelbeampte van die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy, het die aanval bevestig en gesê Smit is in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal opgeneem.

“Hy is verskriklik geslaan en ernstig beseer,” sê sy.

“Hy bly op ’n kleinhoewe met verskeie kothuise, waar die aanvallers hom ingewag het.”

Die aanvallers het Smit met ’n bobbejaansleutel bygedam. Nadat hulle weg is, het hy by sy tuinier om hulp aangeklop.

die afgelope twee weke was daar 17 aanvalle in die groter Lanseria-omgewing, waaronder Muldersdrift val.

Die aanval op Smit volg kort ná ’n aanval op ’n ander kleinhoewe in die omgewing waar Paul Borchers en sy seun aangehou is, maar nie beseer is nie. In dié aanval is ’n aantal selfone, ’n skootrekenaar, ’n TV-stel en ongeveer R2 000 in kontant gebuit. Volgens die polisieverslag het die rowers met Malawiese aksente gepraat, maar daar is tans geen verdagtes nie.

Terblanche sê oor die afgelope twee weke was daar 17 aanvalle in die groter Lanseria-omgewing, waaronder Muldersdrift val.

“Die wyse waarop die aanvalle uitgevoer is, verskil van geval tot geval, maar ons is bewus van ’n bende waarvan een lid ’n haelgeweer gebruik, wat vir verskeie aanvalle verantwoordelik was,” sê sy. “Die bende bestaan uit vier tot ses mans wat altyd klapmusse dra. Ons vermoed hulle werk êrens in die omgewing en dat hulle buitelanders is.”

Terblanche sê hierdie bende het intieme kennis van die wonings en die mense wat hulle aanval. Voorts neig hulle om eers te skiet en dan te steel. Die bende was vermoedelik by verskeie skietvoorvalle in die afgelope paar weke betrokke waar vier mense, onder wie twee kinders, gewond is en Jan Boshoff aan sy wonde beswyk het.

Volgens konst. Slindile Ntuli, woordvoerder van die polisie in Muldersdrift, was daar in die laaste week net twee huisrooftogte en een verkragtingsaak wat by hulle aangemeld is. “Ons grootste probleem tans is kapings,” sê sy.

Drift Reaction het na aanleiding van die vlaag skietvoorvalle op 28 Maart ’n beroep op inwoners van die Sunrella-omgewing reg langs die Lanseria-lughawe gedoen om glad nie ná donker hul huise te verlaat, by vensters uit te kyk of hul honde buite te los nie.

Meer oor:  Muldersdrift  |  Hoewe-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.