Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Munisipale bestuurder en verdagte in bedrogsaak vermoor
stanley khanyile
Stanley Khanyile

Stanley Khanyile (52), ’n munisipale bestuurder in die Vereeniging-omgewing en ’n verdagte in ’n bedrogsaak in die Oos-Kaap, is Saterdagmiddag op die parkeerterrein van ’n winkelsentrum aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Die polisie het Sondagoggend nog na sy moordenaar(s) gesoek.

Hoewel die polisie nog nie amptelik die slagoffer se naam bekend gemaak het nie, was dit gou bekend dat dit Khanyile is.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, was die slagoffer vroeg Saterdagmiddag in sy voertuig op die parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Meyersdal, Alberton.

“Iemand het verskeie skote op hom gevuur. Die skieter het blykbaar daarna van die toneel gevlug en in ’n goue Toyota Cressida wat daar naby geparkeer was, gespring.”

Peters sê die motief vir die aanval is onbekend.

Rapport berig Khanyile, wat die afgelope tyd die munisipale bestuurder van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit was, word daarvan verdink dat hy R29 miljoen van die Oos-Kaapse regering gesteel het.

Hy was vroeër hoof van dié provinsie se departement van maatskaplike ontwikkeling.

Khanyile het saam met Vuyokasi Sangoni, voormalige hoofdirekteur van die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, asook Poovandaren Chetty, ’n Durbanse sakeman, op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery tereggestaan.

Hulle het in Augustus in die landdroshof in King William’s Town verskyn. Die saak is tot 16 Oktober uitgestel.

Meer oor:  Stanley Khanyile  |  Munisipale Bestuurder  |  Moord  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.