Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Munisipale bestuurder in KZN doodgeskiet

Die munisipale bestuurder van Richmond in KwaZulu-Natal is Maandagoggend doodgeskiet terwyl hy na sy motor geloop het.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het bevestig dat twee onbekende mans omstreeks 08:45 in Victoriaweg op Sibusiso Sithole losgebrand het.

Volgens die Facebook-blad van die veiligheidsmaatskappy Viva Security Solutions Richmond, het Sithole na sy geparkeerde motor gestap toe die twee mans op hom toegesak het.

“Twee gewapende verdagtes het uit ’n motor geklim en op die man losgebrand,” lui die inskrywing.

Zwane sê die mans het in hul voertuig van die toneel gevlug.

Sithole, wat glo in sy veertigs was, is dood weens talle skietwonde.

“Die lykskouing sal vasstel hoeveel skietwonde die slagoffer opgedoen het. Vier skietwonde kan in hierdie stadium bevestig word,” sê Zwane.

Die Reza-teenmisdaadinisiatief het in die sosiale media beweer die verdagtes het in ’n maroen Toyota Corolla in die rigting van Thorneville gevlug.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Meer oor:  Richmond  |  Munisipale  |  Kzn  |  Doodgeskiet  |  In  |  Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.