Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Murray & Roberts weet nie hoekom kantoor geteiken is

Murray & Roberts weet nie waarom betogers Woensdagoggend juis sy kantoor in Secunda, Mpumalanga, aan die brand gesteek het nie.

Die betogers het vroegoggend buite die kantoor saamgedrom, veiligheidswagte van Fidelity Security aangeval en hul wapens gevat. Van die wagte is beseer en in die hospitaal opgeneem.

Stratcon Risk en Jelani Security het ingespring om die veiligheidswagte te help.

Jacques Alberts, hoof van Stratcon Risk, sê hulle het sowat 20 mense bevry wat in ’n werkwinkel naby die brandende kantoor vasgekeer was.

Die betogers het ook werknemers van Murray & Roberts se voertuie met klippe bestook.

“Die skade is groot. Daar het ouens rondgestaan wat gesê het baie van Murray & Roberts se papierwerk is moontlik vernietig. ’n Porsche is buite die kantoor stukkend gegooi en ’n Range Rover is aan die brand gesteek.”

Die polisie in Secunda sê die situasie is nou onder beheer, maar dit is nie duidelik hoekom die mense betoog het nie.

Volgens Ed Juardim, uitvoerende mediahoof van Murray & Roberts, moet die omvang van die skade nog bepaal word, asook die rede vir die betoging.

“Ons verstaan dit is plaaslike inwoners wat vir die skade verantwoordelik is en dat werklose mense teen die gebrek aan werksgeleenthede betoog het, maar waarom hulle gekies het om ons kantoor aan te val is onduidelik.

“Ons eerste prioriteit is om na werknemers en diensverskaffers om te sien wat dalk in die voorval beseer is.”

Teen Woensdagmiddag was die brand onder bedwang en is die betogers uiteen. Die situasie word gemonitor.

Die polisie in Secunda sê die situasie is nou onder beheer, maar dit is nie duidelik hoekom die mense betoog het nie.

Meer oor:  Murray & Roberts  |  Secunda  |  Mpumalanga  |  Kantoor  |  Brandstigting  |  Optog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.