Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘My kind is stukkend geskiet’

“My kind is stukkend geskiet,” het die pa van die man wat buite die Virgin Active-gimnasium in Meyersdal, Alberton, doodgeskiet is, vir sy vrou, Karen Reed, gesê toe hy Maandagnag van die misdaadtoneel af kom.

Johan Reed saam met sy meisie, Candice Carlson. Carlson het hierdie foto laasnag op Facebook gelaai. Foto: Facebook/Candice Carlson

Die vermoorde Johan Reed (34) was ’n bekende in fiksheidskringe aan die Oos-Rand.

Karen, Reed se stiefma, sê die familie is verpletter ná Reed se moord.

Sy pa, Johan sr., moes hom gaan uitken.

“Johan (sr.) het 11 skote getel,” sê Karen. “Ons is oortuig dis ’n huurmoord. Ons het stories gehoor dat hy ’n onderonsie by die jaarlikse Lusito Land-fees (in April vanjaar) met iemand gehad het. Iemand het blykbaar vir hom gesê: ‘Ons kom vir jou’.

“Sy pa sê hulle het hom agt keer van voor af geskiet, toe aan die kant en in sy arm soos hy probeer keer het. Hulle het hom in die kop, in die wang, in die nek geskiet. Hulle moes die 9 mm-pistool op hom leeggemaak het,” het sy ontsteld vertel.

Reed het ’n minderjarige seun wat by sy ma in Witbank woon.

Die polisie het ’n reusesoektog van stapel gestuur op soek na die verdagte.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die oorledene in sy motor gesit het toe ’n onbekende persoon verskeie skote op hom afgevuur het. “Die verdagte het in ’n wit Volkswagen Golf GTI geklim en weggejaag,” sê Peters.

johan reed
Johan Reed se moordtoneel laasnag. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.