Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
N-Kaapse wetgewer veroordeel Brand-moorde

Die Noord-Kaapse wetgewer het Dinsdagoggend ’n mosie aanvaar waarin die moord op drie lede van die Brand-familie op ’n hoewe in die Hartswateromgewing veroordeel is.

Die VF Plus sê in ’n verklaring die party verwelkom dit. “Dit is sulke tydige en ondubbelsinnige reaksies wat nodig is om die gety van plaasmoorde te keer; mits dit natuurlik in aksie omgesit word.”

Elzabie Brand (54) se lyk is Dinsdagoggend in die Taung-omgewing in Noordwes gevind nadat ’n verdagte die polisie daarheen gelei het. Anena Burger het berig Brand het die afgelope naweek uit Johannesburg vir haar ouers, Danie (83) en Breggie (73) Brand, op hul hoewe in die Noord-Kaap gaan kuier.

Elzabie, Breggie en Danie Brand.

Hulle is vermoedelik Sondag reeds aangeval en beroof en was sedertdien vermis. Vier verdagtes is in hegtenis geneem en het ook glo aangedui in watter omgewing Danie en Breggie se lyke is, maar die polisie het dit teen Dinsdag vroegmiddag nog nie gekry nie.

“Terwyl dit te vroeg is om besliste gevolgtrekkings te maak, kan met veiligheid gesê word dat hierdie voorval óf deel van die vlaag plaasaanvalle is, óf dit word as dekmantel vir ander misdaad gebruik,” sê Theo Joubert, VF Plus-takvoorsitter in Hartswater.

“Daar was onlangs ’n plaasaanval in die nabygeleë Reivilo (in Noordwes), terwyl nog ’n aanval verlede week gefnuik is.”

Meer oor:  Hartswater  |  Hartswater-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.