Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
N1 by De Doorns Vrydagoggend steeds gesluit

Die N1-hoofweg naby De Doorns in die Hexriver-vallei was Vrydagoggend steeds gesluit ná ’n dag waarop betogers in die dorp moles gemaak het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het omstreeks 05:30 laat weet die pad is steeds gesluit en dat verkeersbeamptes verkeer deur die dorp herlei.

Motoriste wat in die rigting vanuit Touwsrivier kom, moet regs draai by die voet van die Hexrivierpas en deur De Doorns ry sodat hulle weer op die N1 kan kom. Motoriste wat vanaf Worcester kom, moet links by De Doorns afdraai en weer by die voet van die Hexrivierpas op die N1 afdraai.

Mense het die strate ingevaar in gewelddadige protesoptrede in die gebied, wat daartoe gelei het dat die hoofweg gesluit moes word.

Die vragmotors wat op die N1 geplunder is.Foto: Facebook

Landbouweekblad het Donderdag berig Eldrina Witbooi, organiseerder van Women on Farms op De Doorns, sê die oproermakers is mense uit Stofland, ’n gebied met informele behuising in die suidooste en aan die teenoorgestelde kant van die N1 van De Doorns, wat ontevrede is omdat hulle nie werk het nie.

Twee vragmotors is tydens die protesaksie geplunder en verskeie voertuie is met klippe bestook soos inwoners hulle misnoeë uitgespreek het oor hul lone en die feit dat werk op plase aan buitelanders gegee word.

Ontstoke inwoners het televisiestelle uit ’n vragmotor gesteel. Die bestuurder is ongedeerd, maar is erg getraumatiseer.

Betogers het die pad met rommel, klippe en brandende bande versper.

Die Wes-Kaapse regering het Donderdag benadruk dié soort misdadigheid sal nie in die provinsie geduld word nie.

Bonginkosi Madikizela, die Wes-Kaapse LUR van vervoer, het die plundering van vragmotors op die N1 by De Doorns in die Hexriver-vallei skerp veroordeel.

“Ons veroordeel die plundering van vragmotors. Dit is baie jammer dat mense wat betoog vir dienste, die vragmotors wat dienste lewer, met klippe bestook en goedere buit.”

Meer oor:  N1  |  De Doorns  |  Protes  |  Plundering  |  Misdaad  |  Padsluitings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.