Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
N2 by Plet 4 dae gesluit weens betogings, geweld

Vyf mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweldpleging nadat die N2 by Plettenbergbaai dae lank gesluit was weens geweld en betogings.

Die gemeenskap en lede van die Bitou-munisipaliteit vroeër vandeesweek tydens gesprekke oor die geweldpleging op die N2 in Plettenbergbaai.

Hulle is tussen 18 en 49 jaar oud en het Vrydag in die landdroshof in Knysna verskyn. Hulle bly in aanhouding en sal later ’n formele borgtogaansoek bring.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, het gesê die onluste het sedert Maandag voorgekom. Die N2 is toe vir verkeer gesluit en verkeer is herlei. “Ons kan ook bevestig dat die N2 by Kleinkrantz Donderdag vir ’n wyle gesluit was.”

Na verneem word hou die geweldpleging verband met ongelukkigheid oor behuising.

Sandile Gcabayi, Bitou se waarnemende burgemeester (links) en Tertius Simmers, Wes-Kaapse LUR van menslike nedersettings, Vrydag tydens ’n vergadering in Plettenbergbaai.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die polisie se eenheid vir openbare orde (Pops) is op die N2 by Plettenbergbaai ontplooi nadat protesoptrede Maandag in die gebied uitgebreek het.

“ ’n Aantal groepe het tydens verskillende geleenthede op die N2 bymekaargekom. Hulle het die pad afgesper met brandende voorwerpe en voertuie met klippe bestook.”

Volgens hom is drie mense vir openbare geweldpleging in hegtenis geneem. Hulle sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla word. Die polisie monitor die situasies. Versterkings is ook Donderdag van naburige polisiestasies gestuur om Pops-lede in die gebied te help.

“Al die lede sal daar bly totdat die situasie gestabiliseer het,” sê hy.

Intussen het Tertius Simmers, Wes-Kaapse LUR van menslike nedersettings, Vrydagmiddag ná ’n besoek aan Plettenbergbaai in ’n verklaring gesê die Qolweni Fase 3A-behuisingsprojek is amptelik deur Sandile Gcabayi, Bitou se waarnemende burgemeester, aan sy (Simmers se) departement oorhandig. Dit was na ’n spesiale vergadering met die volle raad. Die gemeenskap sal binnekort voordeel trek uit die behuisingsgeleentheid.

Die projek, met ’n begroting van R33,5 miljoen, is in Oktober 2019 goedgekeur. Konstruksie van 169 huise moes in Januarie begin het.

Volgens Simmers sal daar nou begin word met prosesse om die behuisingsprojek terug op koers te kry. Hy het gesê die gemeenskap het hul tevredenheid laat blyk en ingestem om die betogings te staak sodat die N2 weer heropen word.

Volgens die Bitou-munisipaliteit is die N2 later heropen.

Meer oor:  N2  |  Plettenbergbaai  |  Betogings  |  Behuising
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.