Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pastoor kry lyk van naakte vrou in meer

Die polisie in Bethelsdorp in Port Elizabeth is dringend op soek na die familie van ’n onbekende vrou nadat haar naakte lyk Donderdagoggend in ’n meer gevind is.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê die vrou se lyk is tussen die riete by die meer gevind.

Haar hande en voete was vasgebind.

“’n Pastoor het die vrou se lyk gekry toe hy na ’n swembad in die woonbuurt West End gegaan het vir sy daaglikse roetine om by die meer te bid,” sê Tonjeni.

Die Varsvlei-swembad, ’n munisipale swembad, is langs die Varsvlei-meer geleë.

Tonjeni sê die pastoor het iets tussen die riete gesien en aanvanklik gedink dit is ’n boks. Hy het nader gegaan en besef dit is ’n naakte vrou wat tussen die riete lê.

“’n Handdoek was om die vrou se kop gedraai en daar was trouringe aan haar vinger.”

Tonjeni sê daar was geen sigbare beserings nie maar ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Die K9-eenheid en reddingswerkers het die vrou se lyk uit die water gehaal.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om die Bethelsdorp-polisiekantoor by 041 404 3005 te bel as hulle inligting oor ’n vermiste vrou het.

varsvlei-meer
Die Varsvlei-meer in die buurt West End. Foto: Google Maps

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bethelsdorp  |  Lyk  |  Moord  |  Meer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.