Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Naam bekend van bejaarde wat in aftree-oord vermoor is
Jakkie GroblerFoto: verskaf

Die polisie het die naam bekend gemaak van die 80-jarige vrou wat in ’n aftreeoord in Polokwane vermoor is.

Jakkie Grobler se lyk is Maandagoggend omstreeks 11:00 in haar huis in die Koraal-aftreeoord ontdek.

Die polisie sê in ’n mediaverklaring Grobler se moordenaar(s) word ingevolge die polisie se 72 uur-optredeplan gesoek.

“Die voorlopige polisieondersoek dui daarop dat die verdagte(s) die huis binnegegaan en Grobler ernstig aangerand het. Haar lyk is op haar bed gekry met oop wonde wat daarop dui dat sy met ’n stomp voorwerp geslaan is,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, in die verklaring.

Netwerk24 was op die toneel terwyl die polisie se forensiese eenheid Maandagaand die huis deursoek het.

Die nuus het soos ’n veldbrand versprei en inwoners van die oord is erg geskok. Grobler se selfoon en ’n skootrekenaar is geroof.

Lt.Gen. Nneke Ledwaba het die “gruwelike misdaad op ’n weerlose gemeenskapslid” veroordeel en opdrag gegee dat die polisie alle beskikbare hulpbronne inspan om die moordenaar(s) binne 72 uur vas te trek.

Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), is minder as twee weke gelede ook in Polokwane vermoor. Die Deacons is op 10 September uit hul meenthuis in Welgelegen ontvoer en vermoor.

Vier verdagtes, insluitende die huiswerker van die Deacons, het Maandag in die landdroshof in Polokwane verskyn en bly in aanhouding.

Meer oor:  Polokwane  |  Jakkie Grobler  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.