Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nag van angs vir Kleinmond-vrou toe betogers amok maak
Vensters van Amanda Brinkmann se huis is Woensdagaand stukkend gegooi toe betogers in Kleinmond gewelddadig geraak het. Foto: Facebook

In ’n nag van vrees is ’n vrou van Kleinmond se huis Woensdagaand deur ’n groep betogers aangeval, haar vensters met klippe stukkend gegooi en haar motor verwoes terwyl buitebande in die pad gebrand is.

Amanda Brinkmann, wie se huis op die hoek van IJ Singletonstraat en Hoofweg geleë is, was vreesbevange in haar huis vasgekeer toe die betogers toeslaan.

“Hulle gooi klippe na my huis en motor. Vensters is stukkend en daar brand bande in die pad. Die polisie is op pad, maar nog nie hier nie. Ek is vreesbevange,” het Brinkmann op Facebook geskryf.

“Hulle is by my huis. God help ons almal. Hulle sing, fluit en gooi klippe,” skryf sy in nog ’n boodskap.

Donderdag het Brinkmann op Facebook gesê “sinnelose dinge het geen betekenis nie”. ’n Mens kan nie maklik verduidelik hoekom dit gebeur nie.

Amanda Brinkmann se motorvensters is ook uitgegooi. Foto: Facebook

“Sinnelose mense, aan die ander kant, is bloot bewusteloos . . .”

Sy sê op Menseregtedag is die fondament van ’n lewenslange geloofstelsel geskud en beskadig.Brinkmann sê sy en haar sewe honde was uiteindelik veilig danksy vier mense – Tracey-Lee Cohen van die Kleinmond-dierewelsynsvereniging, Ingrid Taylor, ’n inwoner van Kleinmond, Grant Cohen, ’n raadslid van die Overstrand-munisipaliteit, en Charmaine Resandt, ook ’n plaaslike raadslid, wat op haar noodoproepe gereageer het en die polisie gekry het om haar te gaan help.

Die venster van Amanda Brinkmann se motor wat stukkend gegooi is. Foto: Facebook

Die plaaslike koerant, die Overstrand Herald, berig die huis van Natalie Brookes in J.S. Maraistraat is ook beskadig en al die vensters is uitgegooi. Betogers het petrol deur die huis se venster gegooi en probeer om dit aan die brand te steek, maar sy en familielede was gereed met emmers vol water om die vlamme te keer, lui die berig.

Brookes sê daar is klein kindertjies in die huis asook ’n 93-jarige ouma. Almal is getraumatiseer.

Die polisie het die situasie Woensdagaand in die dorp as plofbaar beskryf. Betogers het een huis aan die brand gesteek, nog ’n huis probeer afbrand en ander huise en motors met klippe bestook.

Die betoging in Kleinmond het glo begin nadat munisipale wetstoepassers onwettige strukture in Overhills afgebreek het.

Meer oor:  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.