Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Namakwalandse ma kap glo kind se kop met klip pap

’n Ma (33) is Vrydag op Nababeep in hegtenis geneem ná die grusame moord op haar seun (2).

Die peuter se kop is na bewering met ’n klip verbrysel.

Brig. Mohale Ramatseba, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou is omstreeks 19:40 aangekeer.

“Die bewering is dat die ma haar seun se kop met ’n klip verbrysel het. Dit het in die veld in Jakkalswater naby Nababeep gebeur.

“Die motief is nog nie vasgestel nie.

“Die streekbevelvoerder, brig. Francis Hender versoek gemeenskapslede wat in maatskaplike nood verkeer om eerder hulp in te roep as om drastiese stappe te doen.”Die vrou sal Maandag in die hof verskyn. – Charné Kemp

Meer oor:  Namakwaland  |  Kindermoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.