Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nampo: Plaasmoorde laat name op gedenkmuur aangroei

Terwyl die eerste besoekers aan Nampo vanjaar na die name van bekendes en geliefdes op die Muur van Herinnering vir slagoffers van plaasaanvalle gaan soek het, het die nuus bekend geword dat nog ’n boer vermoor en sy vrou met kookwater gebrand is.

Die polisie is op soek na die vier verdagtes wat Tool Wessels (55), ’n boer van Bonnievale in die Wes-Kaap, Maandagaand vermoor en sy vrou, Liezel (ook 55), ernstig beseer het.

Hennie en Audrie Rousseau van Sannieshof by die Noordwes-muur wat deel vorm van die Muur van Herinnering by Nampopark ter ere van slagoffers van plaasaanvalle. Die mees onlangse inskrywing op die muur is die naam van DC Greyling, ’n boer van Sannieshof wat Hennie nog Vrydagmiddag besoek het voordat hy Vrydagaand doodgeskiet is.Foto: Mlungisi Louw

Die nege mure, een vir elke provinsie, sorg elke jaar vir gewyde oomblikke as familie, vriende en kennisse die slagoffers se gegraveerde name opsoek en soms ook aanraak.

Die mees onlangse aanval wat in marmer by honderde ander ingegraveer is, is dié op DC Greyling, ’n boer van Sannieshof wat Vrydagaand doodgeskiet is.

Terwyl die eerste besoekers aan Nampo vanjaar na die name van hul geliefdes en kennisse op die Muur van Herinnering vir slagoffers van plaasaanvalle gaan soek het, het die nuus bekend geword dat ’n Wes-Kaapse boer vermoor en sy vrou met kookwater gebrand is. Foto: Mlungisi Louw/Netwerk24

Hennie en Audrie Rousseau van Sannieshof het ’n ruk by die Noordwes-muur gestaan waar hulle na Greyling se naam gestaar het.

Hy is Vrydagaand op sy plaas buite Sannieshof geskiet.

“Hy het my Vrydagmiddag kom sien en hy sou Maandag by my begin stroop het,” sê ’n bewoë Hennie.

“Kyk hoe lyk die Noordwes-muur. Al daardie name en gebeure is verskriklik.”

Ken Kahts, ’n afgetrede afslaer van Bloemfontein, en sy broer, Dave, van Alberton het by Nampo ontmoet om saam die Nampo-oesfees te geniet.

Hulle het die name van die vermoorde Nicky Liebenberg en sy vrou, Sus, op die Vrystaat-muur gesoek. Die egpaar is in 2000 op hul plaas Hartebeeskuil vermoor.

Liebenberg se lyk is destyds met skietwonde in die bors en arm gevind en ’n swaar gewonde Sus het vermoedelik in ’n instapkluis in die huis versmoor toe sy daarin toegesluit is, waarna die huis aan die brand gesteek is.

“Hy was ’n vriend van my pa,” sê Ken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.