Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Narkotiseur in manslag-saak doodgeskiet
Dr. Abdulhay Munshi Foto: Werner Beukes

Die Mediese Beskermingsvereniging (MPS) het bevestig die dokter wat Woensdagmiddag in Norwood, Johannesburg doodgeskiet is, is dr. Abdulhay Munshi (57), ’n narkotiseur van Houghton.

Teen Donderdagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie en die polisie het 'n beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die moord het om na vore te kom.

Volgens brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng, is die motief vir die moord nog onbekend.

’n Multidissiplinêre span van die polisie, wat onmiddellik ná die moord ’n 72-uur-reaksieplan opgestel het, ondersoek die saak.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, word gevra om dit by hul naaste polisiekantoor aan te meld of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

Netwerk24 het voorheen berig Munshi en dr. Peter Beale, ’n pediatriese chirurg, word van strafbare manslag aangekla. Dit het gevolg ná die dood van een van hul pasiënte in Oktober 2019. Zayyaan Sayed (10) het op 11 Oktober ’n laparoskopie ondergaan waarna sy long platgeval en hy later dood is. Die dokters se verhoor is in ’n vorige hofsitting tot November uitgestel.

Verskeie dokters het op Twitter met ongeloof en woede gereageer op die voorval.

Jonathan Witt het Munshi as ’n kollega beskryf en die voorval as ’n gruweldaad bestempel wat elke regdenkende mens in opstand behoort te bring.

Coceka Mfundisi, ’n neurochirurg, beskryf Munshi as ’n gawe, saggeaarde mens. Sy het ook ’n twiet van Julius Malema, EFF-leier, aangehaal wat die Netcare Park Lane-hospitaal verlede jaar bedank het toe Munshi en Beale geskors is.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is om die jongste inligting weer te gee.

Meer oor:  Abdulhay Munshi  |  Johannesburg  |  Doodgeskiet  |  Manslag-Saak  |  Narkotiseur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.