Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Natasha dood weens skietwond – lykskouing

Byna ’n maand nadat die lyk van Natasha Mans onder ’n boom in haar vriend se erf gevind is, wys die lykskouing nou dat sy dood is weens die skietwond in haar bors.

Mans (41) se lyk is op 13 Junie onder ’n boom in die erf van Dennis Casten, haar vriend met wie sy ’n huis gedeel het, in Groenvlei, Bloemfontein, gekry. Sy het ’n skietwond in haar bors gehad en ’n rewolwer is langs haar gevind. Sy het sowat twee weke vantevore verdwyn.

Natasha Mans en haar vriend, Dennis Casten.Foto: Facebook

Daar was ook tekens dat haar lyk in ’n vrieskas gehou is.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, het gister gesê die lykskouing het gewys Mans is dood weens die skietwond, maar sy kon nie sê presies wanneer Mans geskiet is nie.

Die uitslae van die lykskouing is eers Dinsdag ontvang. Dit het ook gewys Mans het kneuswonde onder haar arms en bloed in haar bors gehad.

Mbambo kon ook nie sê hoe lank Mans in ’n vrieskas gehou is voordat haar lyk in die verste hoek van Casten se erf gelaat is nie.

Dit is ook onbekend wat die kneuswonde veroorsaak het en wanneer dit veroorsaak is.

Die polisie is ook nog nie nader aan die identiteit van enige verdagte of verdagtes of inhegtenisnemings vir die moord nie.

Mbambo sê daar word nog op die uitslae van ballistiese toetse gewag om te bepaal of sy geskiet is met die vuurwapen wat langs haar lyk gevind is.

Die saak word nou deur die sogenaamde moordeenheid van die Mangaung-polisiekantoor ondersoek.

Die speurders van dié eenheid word beskou as kundiges in die ondersoek van moordsake.

Die ondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.