Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Navorsers: Polisie se inligting is onbetroubaar

Die polisie moet data oor misdaad doeltreffender insamel en geredeliker aan die publiek verskaf om datagedrewe bekamping van misdaad te bevorder.

Navorsers het in ’n ontleding van misdaadtendense in Khayelitsha, Kaapstad vir die Instituut van Veiligheidstudies (ISS) bevind die polisiediens se data is dalk “te onbetroubaar” is om brandpunte doeltreffend te bepaal of behoorlike strategieë vir die voorkoming van geweld te ontwikkel.

Dr. Ian Edelstein en Robert Arnott het in hul verslag in Julie aanbeveel dat die polisie besonderhede bekend maak oor hoe misdaaddata ingesamel, beskryf en die geografiese ligging vasgelê word, sowel as die beperkings wat raakgeloop word.

“Dié inligting sal ontleders toelaat om die akkuraatheid waarmee elke stuk data ontleed kan word vas te stel. As die slagoffer, oortreder en anonieme besonderhede van elke voorval daar bygevoeg word, sal dit die potensiaal vir navorsing aansienlik vergroot.”

In hul verslag word die datapunte van moorde en rooftogte in ’n “hoë-misdaadgemeenskap” in Suid-Afrika ontleed om te kyk na die tendense van waar dié misdade plaasvind.

Van 2006 tot 2016 het misdade in die groter gebied van Khayelitsha wydverspreid voorgekom, maar dit is veral gekonsentreerd by padkruisings, winkelsentrums, mediese geriewe, spoorwegstasies en polisiekantore.

Dit kan wees omdat polisielede misdade aanteken met verwysing na bakens in die gebied en nie die eintlike plek waar die misdaad plaasgevind het nie.

Sulke onnoukeurigheid kan daartoe lei dat gebiede verkeerdelik as misdaadbrandpunte aangedui word

In die tydperk 2010 tot 2015 is talle misdade egter geplaas in “perfekte roosterpatrone” en word tot 10% van alle misdaaddata in ’n tienjaartydperk so verteenwoordig.

Volgens die navorsers meng dit in met pogings om die tyd en plek van misdade te ontleed om “intelligente polisiëring” te verbeter.

“Sulke onnoukeurigheid kan daartoe lei dat gebiede verkeerdelik as misdaadbrandpunte aangedui word terwyl die werklike brandpunte dalk glad nie aangedui word nie. Dit verhinder dieper ontleding wat strategiese ingrypings teen misdaad en polisiëring kan bystaan.”

Edelstein en Arnott beveel aan dat die data aandui wanneer ’n enkele misdaad onder veelvuldige kategorieë kan val, soos wanneer ’n vuurwapen in ’n huisbraak gebruik is en dit as huisbraak en roof met ’n vuurwapen geklassifiseer kan word.

Voldoende finansiële, tegniese en menslike hulpbronne word op polisiekantoorvlak benodig vir die verwerking en uitreiking van data.

Dié misdaaddata moet aan die nasionale sentrum vir veiligheid, misdaad en geweldvoorkoming verskaf word, soos voorgestel in die 2016-witskrif oor veiligheid en sekuriteit, sowel as eksterne navorsers, lui die verslag.

Edelstein is ’n navorsingspesialis verbonde aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) en Arnott is ’n meganiese ingenieur wat spesialiseer in rekenaarmodelle en ontleding.

Hulle het data ingesamel van die Khayelitsha-, Lingelethu Wes- en Harare-polisiekantore oor alle kontakmisdade per polisiegebied, datum en geografiese ligging van 1 April 2006 tot 31 Maart 2016.

Die ontleding het gefokus op moorde en die vyf kategorieë rooftogte wat die meeste voorkom, naamlik sakeroof, gewone roof, huisroof, roof met ’n wapen en roof met ’n vuurwapen.

“Die potensiaal vir ontleding van die ligging en tye van ernstige misdade in Suid-Afrika is enorm en tegnologie wat beskikbaar is om dit te laat werk is toeganklik, bekostigbaar en produktief.”

• Die verslag van die ISS kan hier gelees word.

Meer oor:  Data  |  Navorsing  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.