Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nét 1 persoon het glo skoolhoof aangeval

Daar is net een aanvaller wat die skoolhoof van Bishops School of Skills Woensdagoggend verskeie kere met ’n voorwerp gesteek het en nie twee soos voorheen berig is nie.

Wayne Abrahams (48) moes Woensdagoggend na die hospitaal gehaas word nadat hy op die skoolperseel in die kop, nek, bors en skouer gesteek is.

Dié aanval volg glo nadat Abrahams dreigemente ontvang het dat hy nie moes voortgaan met ’n tugverhoor nie. Dié verhoor hou verband met ’n leerling wat na bewering ’n ander leerling op 27 Maart by die skool in ’n bendeverwante voorval in die been geskiet het.

Abrahams se toestand is kritiek maar stabiel.

Debbie Schafer, Wes-Kaapse minister van onderwys. Foto: Deon Raath

Debbie Schafer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het Woensdag gesê dat daar twee verdagtes by die voorval betrokke is.

Schafer het ook Donderdag in ’n onderhoud aan Cape Talk Radio 567 gesê dat sy “by hul hoofdirekteur gehoor het dat een van die verdagtes glo uit op parool was.” Sy het gesê dat “hulle probeer verseker dat indien die verdagte sy paroolvoorwaardes oortree het – wat hulle aanvaar hy het deur by die voorval betrokke te raak – hy weer in hegtenis geneem sal word.”

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die saak word nog ondersoek en hulle het geen inligting oor die verdagte nie omdat sy gesig bedek was. Die polisie het ook bevestig dat daar net een verdagte is.

Jessica Shelver, woordvoerder vir die LUR, sê dat die stelling deur die LUR nie bevestig is nie. Sy sê dat alle navrae oor die ondersoek aan die polisie gerig moet word.

Meer oor:  Debbie Schafer  |  Kaapstad  |  Skoolhoof  |  Glo  |  1  |  Aangeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.