Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Net nóg ’n bende-lyk onder ’n kombers . . .
Rayvon Mouwers (17) loop met ’n kombers na waar sy pa, Ricardo Africa, se bloedbevlekte lyk in Urfieldweg, Lavender Hill, lê. Foto: Brenton Geach/Gallo Images

Vriende en familie het Maandag op die toneel in Urfieldweg, Lavender Hill, waar Ricardo Africa (38) doodgeskiet is, gesê hy was reeds jare lank nie meer by bendes betrokke nie.

Sy seun, Rayvon Mouwers (17), het later sy pa se lyk, wat op die koue teer onder ’n bloedbevlekte kombers gelê het, met ’n groter kombers toegemaak.

Verder af in die straat, agter die geel polisielint wat die misdaadtoneel afgesper het, het ’n skare mense die toneel dopgehou.

Vir hulle was dit net nog ’n sterfte, net nog ’n skietvoorval.

Lavender Hill, soos ander dele van die Kaapse Vlakte, het sedert die staat van inperking na vlak 3 geskuif is, onder ’n vlaag van bendegeweld gebuk gegaan.

Op Maandag 15 Junie is Liam Petersen (3) doodgeskiet waar hy buite sy ouerhuis in Tafelbergweg, Hillview, Lavender Hill, gespeel het. Sy pa (26) is in die been gewond.

’n Polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, het bevestig dat die Steenberg-polisie ’n moorddossier geopen het. Die voorval was volgens haar omstreeks 13:30.

Onbekende mans het Africa, ’n vermeende lid van die Junky Funky-bende, herhaaldelik geskiet. Hy is op die toneel dood.

Rwexana het gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met inligting oor die voorval word gevra om die Steenberg-polisie by 021 702 9000 te bel of die Stop Misdaadnommer by 0860 010 111 te skakel.

Rayvon Mouwers (17) gooi ’n kombers oor sy pa, Ricardo Africa, se bloedbevlekte lyk in Urfieldweg, Lavender Hill. Foto: Brenton Geach/Gallo Images
Rayvon Mouwers (17) gooi ’n kombers oor sy pa, Ricardo Africa, se bloedbevlekte lyk in Urfieldweg, Lavender Hill. Foto: Brenton Geach/Gallo Images
Rayvon Mouwers (17) loop weg van sy pa se lyk nadat hy dit met ’n kombers bedek het. Foto: Brenton Geach/Gallo Images
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.