Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Net sleutels weg ná sanger se skietdood op plaas
John Sinclair en sy lewensmaat, die sanger Wynand Breedt. Breedt is Vrydag by hul huis op Fleury Farm in die Nuy-vallei tussen Worcester en Robertson doodgeskiet. Foto: Facebook

Net ’n bos sleutels is glo gesteel in die voorval Vrydagaand waarin die sanger Wynand Breedt (45) deur ’n onbekende aanvaller doodgeskiet is.

Breedt is doodgeskiet kort nadat hy en sy lewensmaat, John Sinclair, by hul huis op die Fleury Farm tussen Worcester en Robertson ná ’n aand uit aangekom het.

Ingeligtes het Dinsdag gesê die polisie is nog heeltemal in die duister oor wat die motief vir die moord kon wees.

Daar word gesê die polisie ondersoek alle moontlikhede en dat op die oorledene en sy lewensmaat se selfone beslag gelê is.

“Hulle moet na alle moontlikhede kyk,” sê ’n ingeligte.

Die polisie krap glo ook nog kop oor hoe die skieter in die huis gekom het.

Die polisie krap glo ook nog kop oor hoe die skieter in die huis gekom het. “Daar is baie vrae oor die moord,” het ’n ander gesê.

Vroeër is berig dat Breedt en sy lewensmaat Vrydag omstreeks 22:30 by die huis aangekom het.

Sinclair is by ’n sydeur van die huis in terwyl Breedt die motor geparkeer het.

Sinclair het glo die voordeur oopgemaak om hul honde in te bring toe ’n gewapende man glo skielik in die deur verskyn.

Hy het glo die deur toegeslaan en oomblikke later vir Breedt met ’n skietwond in sy bors langs die huis aangetref.

Die aanvaller het hom toe glo uit die voete gemaak.

Kapt. Frederick van Wyk het Dinsdag gesê die omstandighede rakende die voorval word nog ondersoek. “In hierdie stadium kan nie meer inligting gegee word nie.”

Meer oor:  Wynand Breedt  |  Plaas  |  Skietdood  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.